AUTUMN SALE - USE PROMO CODE: AUTUMN TO RECEIVE 10% OFF ALL SWATCHES

Hoe moet n ma aantrek?

Sonja Eloff

Sonja, maar hoe moet n ma aantrek? Mag jy dalk vra. Ek kan my verkyk na wat vrouens elke dag aantrek. Nie omdat ek hulle veroordeel nie, maar omdat daar iets spesiaal en uniek is daaraan. Elke vrou vertel n storie met haar uitrusting. Het jy dit geweet? Een mamma se uitrusting skree “ek het vanoggend net doeke geruil en geborsvoed en regtig nie tyd gehad vir aantrek nie.” N Ander mamma sn sê dalk “ek weet nie of hierdie kombinasie werk nie, maar ek maak dit werk.” En dan kry jy die een wat spreek van selfvertroue, “ek weet wie ek is, en ek is heeltemal okei daarmee.” En al hierdie stories is vir my, as n voorkoms konsultant, bitter mooi!

Maar mamma wees, en mamma word, verander n bietjie aan n vrou. Dit kom maak plek vir “ek hoef nie perfek te wees nie”. Dit kom skaaf aan n vrou se hart, en uiteraard aan haar voorkoms. N mens begin wonder, moet ek anders lyk, nou dat ek n mamma is? Moet ek myself nou anders voorstel? Moet ek meer “toemaak” en meer outyds aantrek? En dan natuurlik gebeur dit dat n mamma haarself in die proses verloor. Soms sukkel n vrou om weer haar gewig terug te kry na n baba, en ander kere is dit bloot n geval van “daar is nie nou geld om aan my te spandeer vir klere nie.” En dis die hartseer deel. Ons as mammas sit nou onsself laaste.

Ek wil vandag vir jou as mamma bietjie hoop kom teruggee. Hier is n paar wenke wat jy kan volg wanneer jy voel jy het jouself verloor in mamma wees.

  • Daar is nie vaste reels wanneer dit kom by aantrek as n mamma nie. Ek se altyd, jy moet onthou wie jy was voor jy n mamma geword het, en klein veranderinge maak om in hierdie nuwe fase te pas. Gebruik wat jy het tot jou beskikking en sit n paar bykomstighede daarby. Dit sal dadelik jou uitrusting nuwe woema gee.
  • Moenie heeltemal moed opgee met jouself nie. N klein bietjie kleur in jou uitrusting sal wonders doen vir jou algehele voorkoms en jou gemoed. Het jy geweet dat kleure n direkte impak het op hoe jy voel?
  • As jy nie tyd het om n vol gesig grimering te doen nie, is blosser en lippies jou beste wapen.
  • Gemak is van kardinale belang wanneer mens agter n woelwater moet aanhardloop, maar gemak beteken nie “laat gaan heeltemal nie”. Gemak kan bloot beteken dat jy n paar mooi sneakers aantrek by n romp.
  • Moenie winkels toe hardloop en die nuutste goed gaan koop wat in die mode is nie. Doen eers n oordentlike oudit van dit wat in jou hangkas is, en wat jy nodig het om daai items te  werk.
  • Klein veranderings, maak n groot verskil.

En as jy voel jy het net weer nodig om nuwe hoop en inspirasie te vind, kom kuier by my!! Ek het wonderlike pakkette wat wissel tussen n totale oormaaksessie en n kleur en styl analise, asook hangkas oudits.

Gaan loer gerus op my webblad: www.themasterpiece.co.za. Ons het ook geskenkbewyse beskikbaar, indien daar dalk iemand is wat jou wil bederf vir moeders-maand 😊.

En dalk…net dalk…onthou jy wie jy is en vind jouself weer.

Liefde,

Sonja