Site Overlay

Die val…

Mens dink altyd dit kan nie met jou kan gebeur nie…

Het jy al ooit so hard geval dat jy sommer begin huil het? Daai oomblik wanneer jy tussen die vloer en die poletoer land… Letterlik en figuurlik op die vloer neergeslaan? Wel….ek het onlangs besef dat dit nog met my kan gebeur. Toe ek myself op die vloer bevind met die besef dat ek pas neergeval het, het ek dadelik begin huil. Net daar vra ek myself hoe dit moontlik is dat n vrou van 31 so hard kan neerval? Jy sien die ding is mens dink dis net kinders wat val, en gewoonlik troos ek my kinders wat val, en nie andersom nie. Mens dink mos dit kan nie met my gebeur nie. So hoe dit gebeur het is, ek glip toe mos kombuis toe op my wolslippers en oppad terug na my jongste (Annabelle) se kamer, geepad my voete toe mos heeltemal onder my uit.. Onmiddelik is ek verontwaardig. Onmiddelik pyn my been, onmiddelik huil ek, en dadelik blameer ek in my gedagtes my man. Dis mos nooit jou EIE skuld as iets soos dit met jou gebeur nie… In jou gedagtes is jy mos nou veels te oulik vir dit. Werk dit nie maar met als in die lewe so nie? As jets verkeerd loop is dit altyd iemand anders se skuld. In die geval as my man nie met my dogtertjie baklei het oor die kos in haar mondjie wat sy nie wou sluk nie, sou ek nie nodig gehad het om dit skelm in die asblik te gooi nie, en dan sou ek nie gedrafstap het in die gang af nie, en dan sou ek nie geval het nie. Dis als sy skuld. (Dink ek in my kop) Terwyl ek op die vloer sit en huil. En weereens besef ek, hoeveel keer blameer ons ander mense vir ons hartseer en pyn, terwyl dit soms ons eie verkeerde besluite is wat daartoe lei?

My lewe is als behalwe perfek….

Mense dink my lewe is perfek, en “I have it all figured out”. Dis glad nie so nie. Mens dink soms jy vlieg en kan nie val nie, maar glo my, dit kan met almal gebeur. Jou ook ja.. En so dag na die val, herinner die gees my daaraan dat ek al eintlik baie in my lewe “geval” het. Sjoe, ek het al “geval” vir mense se leuens. Te veel kere. Ek het al “geval” vir mense se manupulasies…. Te veel kere om te noem. Ek het al “geval” vir die verkeerde ouens….. Ja BAIE. Ek het ook al “geval” vir die “koop een kry een vernuut” winskopies. Ja…. Ek het al “geval” in my geesteslewe ook. Skielik wonder jy of is daar werklik n God, en bevraagteken als. Maar soos die bekende Jo Black liedjie Lui….”Dit maak nie saak hoe hard jy val nie, dis hoeveel keer jy opstaan”. Hoeveel keer het jy al geval? Ons almal val… Een of ander tyd. Genadiglik het die Here my elke keer uit my gemors uit kom haal. My opgetel, afgestof en reggeruk. En snaaks genoeg wil Hy my juis gebruik met mense. Ja die weses wat my al die meeste seer gemaak het, dis vir hulle wat Hy my gebruik. Om juis hulle aan te raak. Mense is my passie….

Ironies dat dit een helse slag en twee blou kolle moes neem om my net weer te herinner dat ek eintlik steeds, baie broos is. Ek is net n mens. My lewe is ver van perfek. Ek is ver van perfek. Eintlik is ek net n pion in Vader se hand en groter prentjie.

2 thoughts on “Die val…

  1. … en so kom almal een of ander tyd tot ‘n val. “Maar as jy val, moet jy gou weer opstaan. Uithou, aanhou, altyd voortgaan”.
    Ek het hierdie vergelyking baie geniet!

  2. Jis ek het so 2 weke terug self so lekker val beleef. Oh my goooosh! Ek onthou nie sat die vloer so hard was toe ons jonger was nie.
    Stunning boodksap.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Loved Brands

BRANDS I LOVE, THAT SUPPORT ME ON MY JOURNEY

The South African government's Covid-19 Portal at sacoronavirus.co.za

Scroll Up